Dr. Gerhard Kok

Oftalmoloog en Oogspesialis

MBChB(Pret) DipOft(SA) GKOft(SA)

KONTAK ONS

Rol af vir meer inligting...

Meer oor ons

Welkom by die oftalmologiepraktyk van Dr. Gerhard Kok. Ons praktyk is betrokke by die behandeling van ’n verskeidenheid oogsiektes, beide medies en chirurgies, met die fokus op katarak- en vitreoretinale chirurgie. “Katarak” verwys na die vertroebeling van die natuurlike ooglens. “Vitreoretinaal” verwys na siektes van die glasvog agter die lens asook van die retina (wat die ligsensitiewe laag aan die agterkant van die oog is, soos die film in ’n kamera).

Ons is ’n toegewyde span wat ’n passie het vir deeglike pasiëntsorg met die doel om die beste moontlike sig vir elke pasiënt met behulp van die nuutste beskikbare tegnologie te verseker. Ons skakel voortdurend in by geleenthede vir opleiding om op hoogte te bly van die jongste ontwikkeling in ons veld, om daardeur ons pasiënte te bevoordeel.

Card image cap

Ons wend die nuutste beskikbare tegnologie aan om te help met die diagnose en behandeling van oogsiektes.

Card image cap

Ons personeel is goed opgelei en het ’n passie om sorg te dra vir u oogverwante behoeftes.

Card image cap

Die hoofdoel van ons praktyk is om die beste moontlike sig vir elke pasiënt te verseker en om seker te maak dat pasiënte tevrede is.

Ontmoet die Dokter

dr-kok

Dr. Gerhard Kok het sy graad in geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Na voltooiing van die verpligte 2 jaar interskap en gemeenskapsdiens, het hy in die Departement van Algemene Chirurgie van die Witbank Hospitaal (wat terselfdertyd by die Universiteit van Pretoria geïnkorporeer was) gewerk.

Daarna het hy aangesluit by die Departement Oftalmologie van die Universiteit van Pretoria waar hy onder mentorskap van Prof. Polla Roux in oftalmologie gespesialiseer het en sy Genootskapseksamen by die Kollege vir Geneeskunde van Suid-Afrika afgelê het – GKOft(SA). Hy het die kursus in vitreoretinale chirurgie aan die Europese Vitreoretinale Opleidingskool (EVRTS) in Bremen (Duitsland) voltooi, sowel as die Intermediêre en Gevorderde Retinale Chirurgie-kursus aan die Europese Skool vir Gevorderde Studie in Oftalmologie (ESASO) in Lugano (Switzerland).

Bevordering van sy professionele loopbaan is bewerkstellig deur vakkundige- en vaardigheidsbesoeke aan vooraanstaande en bedrewe vitreoretinale chirurge in Suid-Afrika sowel as in Europa.

Hy bied dikwels lesings plaaslik en internasionaal aan en het onlangs met die Europese Vitreoretinale Vereniging ("European Vitreoretinal Society") saamgewerk aan ’n inisiatief ("Young-EVRS") om professionele ontwikkeling onder jong en opkomende vitreoretinale chirurge te bevorder.

Dr. Kok het as President van die Suid-Afrikaanse Vitreoretinale Vereniging (SAVRS) gedien vanaf 2019 tot 2021.

 

Dienste

Card image cap

Diagnose en mediese behandeling van oogtoestande


Ons verskaf kontrolering en mediese beheer van diabetiese retinopatie, gloukoom en ander oogtoestande. Ons maak gebruik van die jongste tegnologie en laserbehandeling om die gehalte van ons pasiëntsorg te verbeter (o.a. Optiese Koherensie-tomografie, geoutomatiseerde perimetrie (gesigsveldtoets), ultaklank, YAG-laser en retinale laserbehandeling).

Card image cap

Oogchirurgie


Chirurgiese behandeling van oogtoestande insluitend retinaloslating, gekompliseerde diabetiese retinopatie, verskeie ander retinale en makulêre patologie, katarak en gloukoom. Die vermoë van moderne gevorderde tegnologie word ingespan om pasiënte van toonaangewende chirurgiese opsies te voorsien.

Card image cap
Voorligting

Ons strewe daarna om te verseker dat pasiënte behoorlik ingelig is oor hulle oogtoestand en die behandelings- en chirurgiese opsies. Dit verminder angstigheid by pasiënte, veral met betrekking tot ’n sintuig so noodsaaklik soos jou sig. Ons is ook gemoeid met voortdurende opleiding en bewusmaking.

Card image cap

Vitreoretinale dienste


Ons praktyk fokus op die diagnose en behandeling van vitreoretinale toestande. Dit sluit siektes in wat die glasvog (die jel wat die oogbal vul) beïnvloed, asook die retina (die ligsensitiewe laag aan die agterkant van die oog) en die makula (die area van “skerp sig” op die retina).

Card image cap

Chirurgiese dienste


Alle chirurgiese prosedures word by ’n verskeidenheid dagklinieke in Pretoria uitgevoer. Alle teaters is goed toegerus vir mikro-oogchirurgie. Die teaterpersoneel is deeglik opgelei in die spesifieke behoeftes van oogchirurgie en streef daarna om te verseker dat selfs die mees angstige pasiënt goeie sorg ontvang.

Card image cap

Diagnostiese- en behandelingstoerusting


Ons streef voortdurend daarna om in pas te bly met die nuutste tegnologie om aan pasiënte die beste en ook mees koste-effektiewe opsies te verleen. Diagnostiese toerusting in ons kamers verskaf aan die klinikus ’n hulpdiens ter versekering van presiese diagnose en monitering van oogsiektes. Die meeste van hierdie spesiale ondersoeke word gedoen as 'n eenstop-diens.

Ontmoet Die Personeel


staff

Agter: Lynette Oelofse (Rekeninge), Chana Pienaar (Teater / Ontvangs), Nicole van Emmenis (Oogkundige / Oftalmiese Assistent)

Voor: Magda Jacobs (Praktykassistent), Simonè Snyman (Ontvangs / Admin